John Ortberg sê:
“We can be tempted to place all our focus on the outer person. But one day all that will pass away. You, however, are a being who will never cease to exist. Your spirit, your inward character, is in process of becoming something: something either unbelievably good or something unimaginably dark.”
Die graad 9 seisoen is nog oop, maar die graad 11 seisoen “for enhancing becoming unbelievably good” is nou ook oop veral vir die volgende paar maande. Kontak ons telefonies of per epos vir ‘n afspraak vir loopbaanbeplanning en ‘n “purpose” gesprek. Hierdie afspraak kan oggend of middag van Maandag tot Saterdag plaasvind. Of kliek hier om aanlyn ‘n afspraak te maak: https://louwloopbane.com/about/
Die volgende paar maande is die ideale tyd vir ‘n gr. 11 wat die eerste keer ons omvattende psigometriese evaluasie doen om ‘n finale beroepskeuse te maak. Dit gee die gr. 11 daardie ekstra inspirasie om alles in te sit vir die beste moontlike einde gr. 11 resultate wat belangrik in die keuring vir toelating tot kursusse is. ‘n Finale keuse in die laaste kwartaal gee ‘n gr. 11 ook kans om die keuse tot begin matriek te herkou en dan vroeg in die jaar ‘n opvolggesprek te doen by ons indien daar nog skaafwerk aan die keuse benodig word. Die gr. 11’s vind groot waarde uit die klem wat ons plaas op persoonlikheidstyl, beter selfbegrip en versterking van emosionele intelligensie(EI), kragtige wapens om sukses te behaal in die geveg van die akademie en lewe.

