GR. 9 SEISOEN

2006AJ6604_portrait_of_george_bernard_shaw

George Bernard Shaw het gesê:

“This is the true joy of life; the being used for a purpose recognized by yourself as a mighty one.”

Die graad 9 seisoen vir “true joy of life, mighty purpose” afsprake is oop. Kontak ons vir ‘n afspraak vir loopbaanbeplanning, die maak van toepaslike graad 10 vakkeuses en ‘n “purpose” gesprek. Hierdie afspraak kan oggend of middag van Maandag tot Vrydag plaasvind. Of versoek aanlyn ‘n afspraak.  

Daar is breedweg 2 benaderings tot vakkeuses:

two-options-300x2101. Kies die GROOT 4 (Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Rekeningkunde) en beskik oor meeste van die minimum vereiste vakke vir toelating tot die meeste naskoolse kursusse. Hierdie benadering hou jou opsies oop maar dit kan gebeur dat relatief min van die inhoud van jou naskoolse kursus vir jou bekend is en jy akademies dan te groot uitdagings ervaar. 

2. Kies vakke toepaslik tot jou naskoolse kursuskeuses en begin jou reeds op skool voor te berei met kennis en vaardighede vir jou beroepskursus. Meer van die inhoud van jou naskoolse kursus sal so vir jou bekend wees en jy verhoog jou kanse op akademiese sukses daarin.

Ten einde nommer 2 hierbo te realiseer, doen ons ‘n deeglike en omvattende psigometriese evaluasie van alle fasette van toepassing op die gr. 9 se loopbaanbeplanning. Na die maak van die loopbaankeuses, word die resultaat op die gr. 10 vakkeuses toegepas. Al die inligting word vir 5 jaar bewaar om as hulp te dien met die vrae en uitdagings wat ontwikkel totdat die leerder in naskoolse opleiding suksesvol lanseer word. 

Die gr. 9’s vind groot waarde uit die klem wat ons plaas op persoonlikheid, beter selfbegrip en versterking van emosionele intelligensie(EI). 

lion_cat_sm

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar