Somer is hier- mag julle almal, selfs die wat oor die feestyd werk, vars energie kry uit die mildadige son, wonderlike somergeluide en die Here se bereidheid om ons nuwe krag en energie te gee as ons rus by Hom.
God het ons elkeen een liggaam gegee om soos ‘n kosbare kleinood op te pas. Ons energie en gesondheid is in ‘n groot mate aan ons liggame gekoppel; ‘n belangrike faktor in ons loopbaansukses en -geluk. Ons energie is die resultaat van wat ons eet, ons rus- en slaapkwaliteit, genoegsame oefening en ons emosionele intelligensie (Healthy, wealthy, happy).
Vir die van julle wat vinnig gewig wil verloor voor jul 1ste strand en see-verskyning, gebruik ‘n supergesonde tegniek soos Herbalife se wonderlike 4 dag program waarin die meeste mense 2-4kg in die 4 dae afgooi. Behalwe vinnige gewigsverlies, is dit ‘n program wat bydra tot jou energie en gesondheid.

